Luister nou

Brandbestrydingspogings op Tafelberg duur voort

Deur Pretoria FM Nuusspan

Brandbestryders is steeds besig om die brande op Tafelberg en Rooiheuwel in Kaapstad te beveg.

Brandbestryders van SANParke het vroeg vanoggend gesê dat sterk wind weer brande teen Tafelberg – wat reeds onder beheer was – weer laat opvlam.

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill Lewis het in ‘n plasing op X gesê dat die wind stiller is, en daarom voel hy versigtig optimisties dat die vlamme vandag geblus sal word.

SANParke sê dit is veral die gebied van Rooiheuwel tot by Da Gamaparkwaar die gevaar die grootste is.

Helikopters – tesame met die Kaapstadse brand- en reddingsdienste – word ingespan om ‘n brand by Red Hill in bedwang te bring.

Staproetes by Nuweland en Duiwelspiek bly gesluit terwyl brandbestryders voortgaan om die brand in die Nuweland Skeurvalley- wat slegs vir grondspanne toeganklik is – te probeer blus.

 

https://twitter.com/theinformant_x/status/1894690515175542908

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

DNS-toetse

Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk

Fotokrediet: Smile FM

SASSA se nuwe betaaldatums vir November aangekondig

Fotokrediet: Facebook

Iran is versigtig vir die VSA se aanval

Airlink-verbyvlug

BLO handel ondersoek na Airlink se verbyvlug af

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026
Fotokrediet: Daily Maverick
Suliman Carrim in hegtenis geneem
Fotokrediet: Freedom Front Plus
Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit
DNS-toetse
Slegs 1,5% van polisiediens se DNS-toetse betyds verwerk

Luister nou