Luister nou

Boekeblad met Graffiti 3 Julie 2026

Deur Walter Ernst

Topverkopers vir Junie

10 Bloedbande – Eleanor Baker

9 Historiese almanak – Albe Grobbelaar   

8 Mei & alles daarna – Zelda Bezuidenhout

7 Die avonture van Helga Roets – Riaan Grobler

6 Afrikanerman – Mart-Marie Uys

5 Goed genoeg – Gerridene Berg

4 Sterre is vir altyd – Sophia Kapp

3 Grensloos – Wilna Adriaanse

2 Enigma – Rudie van Rensburg

1 Rebekka van Kameeldoornplaas – Irma Joubert

 

Spookasem – Jaco Jacobs. R240, Pan Macmillan SA

Illustreerder: Stephen Wallace

Bestel hier.

Om ’n spook te wees is nie REGTIG so sleg as wat almal dink nie. Veral nie as jy in ’n besige winkelsentrum bly nie. Daar’s hope cool goed om te doen. Mia kan snags gaan fliek, in die speletjiesarkade rondhang of die nuutste modes in die klerewinkels aanpas. Daar is selfs ’n paar ander spoke om haar geselskap te hou.

Toe Mia boonop ’n meisie ontmoet wat spoke kan sien, is dit die begin van ’n ietwat ongewone vriendskap. Jodi se dertiende verjaardag is om die draai, en Mia beplan ’n groot verrassing vir haar nuwe vriendin.

Maar ’n spokerige geheim kan dalk alles bederf …

Bethulie – Rensche van der Walt. R360, Tafelberg

Bestel hier.

“Nou wil ek hier neerskryf wat ek nooit mag vergeet solank ek leef nie.”
Rensche van der Walt was maar 23 jaar oud toe Britse soldate haar en haar gesin in April 1901 van hul plaas na die Bethulie-konsentrasiekamp weggevoer het. Die Britse verskroeideaardebeleid het toe reeds groot verwoesting in die Vrystaatse platteland gesaai.
Rensche het van die begin af dagboek gehou van hul ervarings, en haar ongekunstelde beskrywings verplaas die leser direk na die kamp se tentedorp. Jy ervaar saam met haar honger en dors, en beleef die ongemak van blootstelling aan die elemente.
Haar eerlike beskrywings van skokkende wanvoeding, siektes en oorbevolking gee nuwe betekenis aan koue statistiek. Jy beleef ook saam met haar die kommer oor broers, pa’s en eggenote wat nog iewers op kommando of in die krygsgevangenekampe is.
Met hierdie publikasie sien Rensche se dagboek vir die eerste keer in 50 jaar weer die lig.

Soetroos van Saron – Theolla Langenhoven. R290, Kwela

Bestel hier.

Soetroos van Saron vertel die verhaal van Delicia Basson, ’n jong vrou van Saron, wat ’n gesogte beurs van die welgestelde Nicol-familie ontvang om aan die Universiteit Stellenbosch te studeer.
Delicia is opgewonde én angstig wanneer sy ouma Toesie en haar vertroude wêreld agterlaat om haar studies voort te sit. Sy is heeltemal oorweldig deur die prag en praal waarin die Nicol-familie woon.

Maar geleidelik besef sy daar is iets sinister wat onder die oppervlak broei. Soos sy dieper grawe, ontdek Delicia ’n patroon van uitbuiting wat ander slagoffers betrek, insluitend Deyoncé, ’n plaasmeisie wat op geheimsinnige wyse verdwyn het.
Kan Delicia, soos Nancy Drew, die leidrade ondersoek en die donker waarheid blootlê?

Al hierdie boeke sowel as ander nuwe vrystellings en topverkopers is nou beskikbaar by www.graffitiboeke.co.za teen 10% afslag.

KOMPETISIE

Wen al drie hierdie boeke. Beantwoord net die volgende vraag: Wie is die skrywer van Spookasem?

Whatsapp jou antwoord saam met jou VOLLEDIGE adres na 072 386 5997

Inskrywings sluit Maandag 6 Julie 2026.

Die wenner sal lukraak gekies word en in volgende week se Nuusweek aangekondig word.

Die pryswenner se boeke sal deur Graffiti versend word en alle navrae moet direk aan Graffiti gerig word by [email protected]

Verlede week se wenner was Arthur Hall van Pretoria.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: EWN

Sterrekundiges ontdek twee reusagtige eksoplanete

Tsunami - die reddingshond - Venezuela

Tsunami red 13 uit aardbewingpuin

Fotokrediet: The Citizen

Munisipale bestuurder gewond in vermeende sluipmoordaanval

Zuma-Indië

Antwoorde geëis ná Zuma, Gupta-broer se Indië-besoek

Werkloosheid

Nielandbousektor bloei werksgeleenthede

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Rising Sun Newspapers
Die SAID sê alles verloop klopdisselboom
Fotokrediet: The Times of Israel
Reddingspanne red man na agt dae onder puin in Venezuela
Fotokrediet: EWN
Sterrekundiges ontdek twee reusagtige eksoplanete
Tsunami - die reddingshond - Venezuela
Tsunami red 13 uit aardbewingpuin
Fotokrediet: The Citizen
Munisipale bestuurder gewond in vermeende sluipmoordaanval

Luister nou