Luister nou

Blitsige Bokke wen weer

Deur Pretoria FM Nuusspan

Geskryf deur: Liezil van der Schyff

Die Blitsbokke het gisteraand tydens die New York-been van die HSBC Sewesreeks, Fidji met 10 -7 geklop om die goue medalje te wen, en ook die algehele reeks-titel te verower.

Hierdie oorwinning is hul vierde titel in die reeks ná vroeë oorwinnings in Kaapstad, Perth en Vancouver.

Die kaptein van die Blitsbokke, Impi Visser, wat sy 50ste toernooi op die wêreldreeks gespeel het, het Gino Cupido laat deurbreek vir die eerste drie, waarna Tristan Leyds nog ’n drie gedruk het. Nie een van die drieë is verdoel nie.

Fidji het teruggeveg met ’n drie deur Terio Veilawa, maar Suid-Afrika se sterk verdediging het hulle gehelp om die oorwinning te beklink.

In die vroue-eindstryd het Nieu-Seeland vir Australië naelskraap met 22-21 geklop om hul vyfde titel van die seisoen te verower.

Die fokus verskuif nou na die kampioenskap-toernooi wat van 17 tot 19 April in Hongkong beslis word.

Gewilde Nuus

Untitled design (18)

Spies staan familie by van man wat ná rugby sterf

Untitled design (17)

Laaste wit president in Afrika sterf

Graffiti logo

Graffiti-boekeblad 17 Julie 2026

Fotokrediet: The Citizen

Hoës vergader vandag oor uitbetalings aan munisipaliteite

Fotokrediet: Reuters

Burnham verkies as leier van Arbeiders

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Hart en houtskool
DCIM100MEDIADJI_0626.JPG
Ligte, kameras, rugby!
Untitled design (19)
Iran kan meer pyn as die VSA absorbeer
Untitled design (18)
Spies staan familie by van man wat ná rugby sterf
Untitled design (17)
Laaste wit president in Afrika sterf

Luister nou