Luister nou

Bela-protes: “Duisende verwag by grootste Afrikaanse optog”

Deur Pretoria FM Nuusspan

4 November 2024

Die burgerregteorganisase, AfriForum sê hy en meer as veertig ander organisasies is slaggereed vir môre, 5 November se protesoptog teen die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette, oftewel die Bela-wet.

Van die organisasies wat gaan deelneem.

Die optogprogram sal vanaf 09:00 môreoggend by die Voortrekkermonument in Pretoria ’n aanvang neem.

Volgens die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, skep die huidige formaat van die wet se bepalings – oor openbare skole se toelatings- en taalbeleid – die grootste enkele uitdaging vir Afrikaanse kultuurgemeenskappe sedert 1994.

Die organisasie se verbintenis om die sogenaamde Bela-wet se omstrede artikels teen te staan, is vanoggend tydens ’n mediakonferensie in Centurion herbevestig.

Intussen sê Solidariteit dat duisende mense by môre se optog verwag word. Die voorsitter van die Solidariteit Beweging, Flip Buys sê mense moet slegs ʼn paar kilometer stap om te keer dat ons kinders nie duisende kilometers ver moet wegvlieg nie.

Die bestuurshoof van Solidariteit, dr. Dirk Hermann sê Bela val die siel van die Afrikaanse gemeenskap aan. Daarom moet politieke partye en die regering van nasionale eenheid (RNE) hoor: “Bela is ons rooi lyn.”

Volgens die Solidariteit Beweging, wat die optog organiseer, is dit die grootste Afrikaanse optog sedert 1994.

Die leier van die DA, John Steenhuisen, die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, en ander regeringsverteenwoordigers gaan ook die geleentheid bywoon.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging

Luister nou