Luister nou

Bela: “10 000 mense staan op vir Afrikaanse kinders se toekoms”

Deur Pretoria FM Nuusspan

5 November 2024

Minstens 10 000 Afrikaanssprekers het vandag by die Voortrekkermonument verenig vir die protesoptog teen die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys, die Bela-wet.

Dr. Dirk Hermann. Foto: Solidariteit

Dié protesoptog is deur Solidariteit en AfriForum georganiseer en sal in die geskiedenisboeke onthou word as die grootste Afrikanersaamtrekke sedert 1994.

Solidariteit se bestuurshoof, dr. Dirk Hermann sê na vandag se sukses is Afrikaners sterker as wat hulle gister was omdat mense verlof geneem het om deel te neem aan die optog.

“Hier is baie meer mense as wat ons aanvanklik gedink het, maar ons moes dit seker verwag, want ons weet ons mense voel ongelooflik sterk om ons kinders te beskerm,” sê Hermann.

Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie sê hy is bly dat deelnemers aan die Solidariteit Beweging se Bela-optog wél tot by Vryheidspark in Pretoria kon stap.

Dit kom nadat Vryheidspark aanvanklik gesê het dat deelnemers nié toegelaat sal word nie, waarna McKenzie ‘n brief aan hul geskryf het. Hy het die memorandum namens die RNE in ontvangs geneem.

Lede van die VF Plus. Foto: VF Plus

Hy het tydens die optog gesê dat mense bang is om vir Afrikaans op te staan, en meen Afrikaans is net so belangrik soos enige ander taal, waarna hy benadruk het dat hy nié skaam is om te sê dat Afrikaans sy eerste taal is nie.

Volgens Solidariteit het sowat 10 000 mense aan die optog tussen die Voortrekkermonument, en Vryheidspark deelgeneem om hulle misnoeë teen die omstrede Bela-wet duidelik te maak.

41 organisasies waaronder Solidariteit, AfriForum, AfriForum Jeug, die SOS, SAOU, die DA en die VF Plus het deelgeneem.

President Cyril Ramaphosa het reeds die wetsontwerp onderteken, met die uitsondering van klousule vier en vyf, wat hy met drie maande uitgestel het sodat verdere gesprekke daaroor kan plaasvind.

Hierdie klousules handel oor skole se taalbeleid en die mag van skoolbeheerliggame.

‘n ANC-afvaardiging, wat deel vorm van die RNE is na Vryheidspark gestuur om die oorhandiging van die memorandum mee te maak.

Volg hierdie skakel om die memorandum te sien.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Ander Nuus Artikels

Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging

Luister nou