Luister nou

Begroting 2026: Die minister skets ‘n positiewe prentjie

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, verwag ekonomiese groei van 1,6 % in 2026, wat effens hoër is as die 1,4%-verwagting wat vir 2025 gestel is.

Dié verbetering word aan die versterking van Suid-Afrika se ekonomiese prestasie in die tweede helfte van verlede jaar toegeskryf. Die toekomsvisie is om 2%-groei teen 2028 te bereik.

Die minister – wat sy 18-bladsy-begrotingsrede in die Kaapstadse stadsaal gelewer het – het gesê dat die regering se fiskale bestuur vrugte afwerp en dat die gekonsolideerde begrotingstekort tot 4,5% gekrimp het en tot 4% sal krimp in die 2026/2027-finansiële jaar.

Die land sal in dié tydperk R2,67 biljoen bestee, wat onder meer verdeel sal word vir die bestuur van rampe asook vir maatskaplike toelaes, vrede en sekuriteit en plaaslike regering.

R292,8 miljard word aan maatskaplike toelaes toegewys. Die kindertoelaag verhoog met R20 tot R580. Die toelaag vir bejaardes, mense met gestremdhede en die sorgafhanklikheidstoelaag verhoog met R80 in April tot R2 400. Die toelaag vir oorlogsveterane sal ook met R80 styg tot R2 420 en die toelaag vir pleegsorg sal in April met R40 verhoog word tot R1 290 en tot R1 300 in Oktober.

Die ontplooiing van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in die Oos-Kaap en Gauteng om bendegeweld en onwettige mynbedrywighede vas te vat is deur die minister uitgesonder en om die doeltreffende uitvoering daarvan te steun sal R268,2 miljard in 2025/2026 toegeken word wat in 2028/2029 tot R291,2 miljard verhoog sal word.

Die Grensbestuursowerheid word met R990 miljoen versterk om sy kapasiteit met 738 posisies aan te vul.

Verligting vir belastingbetalers

Godongwana het wydlopende verligting vir belastingbetalers aangekondig. Ván die vernaamste aanpassings sluit in dat die drempel vir persoonlike inkomstebelasting ten volle vir inflasie aangepas is. Dít het twee jaar laas gebeur en kom neer op R13,7 miljard rand se verligting.

Die beplande R20 miljard se belastingverhogings is ook laat vaar omdat die fiskale strategie volgens die minister op koers is.

Individue wat jaarliks tussen R500 duisend en R750 duisend verdien ontvang 23,2% se verligting. Diegene wat tussen R250 duisend en R350 duisend verdien, asook tussen R350- en R500 duisend, kry verligting van onderskeidelik 10,9 en 17,7%.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Daily Maverick

Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur

plaasaanvalle - Maroela Media

Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Lynnwood padwerke - The Citizen

Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande

Guptas

Gupta-broers steeds gesoek

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Checkatrade
Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel
Siviwe Gwarube - Daily Maverick
Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026
Israelse vlug - France 24
Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug
Fotokrediet: Daily Maverick
Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur
plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Luister nou