Luister nou

Atlete aan land ná 74km-seeswemuitdaging vir liefdadigheid

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die 39-jarige Chris Oldnall en 37-jarige Peet Crowther het vanmiddag kort voor 15:00 ná ’n uitmergelende swemuitdaging by Miller’s Point in Kaapstad voet aan strand gesit, nadat hulle die ysige waters van die Atlantiese Oseaan vir 27 ure trotseer het.

Oldnall, onderhoof by die Pretoria Boys High School, en Crowther, ’n oudleerling van dié skool, het hul Trilogie-oseaanswem-uitdaging – ’n 66 kilometer-dubbelkruising van Valsbaai – aangepak, maar het die eindpunt, vanweë dryfstrome, 8km verder op 74km bereik.

Pretoria Boys High School se alumni het in 2024 met die Trilogie-uitdaging begin vir ’n beter toekoms vir die land se talentvolle kinders.

Die twee swemmers het geskiedenis gemaak met twee oopwaterswemprestasies, waaronder die eerste 53km-soloswem ván Robbeneiland tót Dasseneiland.

Die Suid-Afrikaanse oopwatermylpaal wat hulle pas behaal het, het ysige water, sterk seestrome, donkerte en uiterste fisieke en geestelike uitputting behels, maar volgens die swemmers is die doel groter as die uitdaging self.

Oldnall en Crowther samel geld vir die Suid-Afrikaanse Heldesaal se Nalatenskapsprojek in, wat talentvolle seuns uit minderbevoorregte omstandighede help om geleenthede by die Pretoria Boys High School te kry.

“Chris en Peet is meer as atlete, hulle is kampioene van verandering. Deur aan hierdie Trilogie-uitdaging deel te neem plaas hulle hul lewens op die spel en daag hulle hul grense uit om bewusmaking te skep en fondse in te samel. Hul dapperheid verseker dat selfs méér jong lewens deur middel van hierdie uitsonderlike inisiatief verander sal word,” sê Johnny Burger, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Heldesaal.

Gewilde Nuus

Petrolpomp brandstof

Regering maan teen brandstof-paniekaankope

Bemarkingsoproepe

Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Fotokrediet: EWN

Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Ander Nuus Artikels

Matrieks
Umalusi gereed vir matriekeindeksamen ondanks tekort aan nasieners
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op die jongste plaasmoord
Fotokrediet: Remitly
SA se finansiële vertroue bly stabiel
Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Luister nou