Luister nou

At Mahne se moordverdagte vas

Deur Pretoria FM Nuusspan

Marelize Maré

Een van die vermeende moordenaars van die 77-jarige At Mahne, ‘n boer van Baltimore, in Limpopo, is vroeg vanoggend in hegtenis geneem. Die verdagte was glo ‘n werker op Mahne se plaas.

Bosveldmisdaadondersoeke se oudkolonel Sakkie Louwrens het saam met die polisie se eenheid vir geweldsmisdade die verdagte in die Ellisras-gebied in hegtenis geneem.

Mahne is Saterdagmiddag op sy plaas oorval en vermoor en sy vrou, Petro is tydens die voorval beseer. Sy is onlangs uit die hospitaal ontslaan.

Die DA in Limpopo het intussen sy opregte meegevoel uit gespreek met die Mahne-familie en die Baltimore-gemeenskap.

Die party sê een plaasaanval is een te veel en dat die gebrek aan voldoende polisiëring plattelandse gemeenskappe kwesbaar laat teen misdadigers wat sonder vrees optree.

Die DA sê hy het herhaaldelik die minister van polisie aangemoedig om plaasaanvalle en plaasmoorde as prioriteitsmisdade te verklaar.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Daily Maverick

Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur

plaasaanvalle - Maroela Media

Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Lynnwood padwerke - The Citizen

Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande

Guptas

Gupta-broers steeds gesoek

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Checkatrade
Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel
Siviwe Gwarube - Daily Maverick
Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026
Israelse vlug - France 24
Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug
Fotokrediet: Daily Maverick
Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur
plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Luister nou