Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag die Mbalula-dossier bekendgestel, wat bewerings van bedrog, geldwassery en korrupsie teen die ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula insluit.
AfriForum sê Mbalula se roekelose optrede en beledigende uitsprake teen Westerse lande stel Suid-Afrika bloot aan moontlike Amerikaanse sanksies.
Die organisasie wil die VSA oortuig om nie die land te straf nie, maar Mbalula persoonlik verantwoordbaar te hou onder die Magnitsky-wet.
Advokaat Gerrie Nel sê die dossier is aan die Nasionale Vervolgingsgesag voorgelê, en AfriForum oorweeg privaat vervolging indien die NVG nie optree nie