Die DA sal nie binnekort ’n adjunkleier hê nie nadat ’n mosie in die verband Saterdag slegs 50,8% van die afgevaardigdes se steun ontvang het.
Die adjunkleier sou ondermeer die federale leier ondersteun met die uitvoering van politieke en organisatoriese verantwoordelikhede, asook openbare verteenwoordiging tydens veldtogte en mediaskakeling.
Die DA se nuwe leierskap sal môre bekendgemaak word. Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, en die koukusleier van die Sedibeng-munisipaliteit in die suide van Gauteng, Sibusiso Dyonase, sal mekaar die stryd aansê vir die posisie van partyleier.
Die federale voorsitter, drie adjunkte en die voorsitter van die federale raad sal ook verkies word.