Luister nou

11% van gevangenes is buitelanders, sê minister

Deur Pretoria FM Nuusspan

18 November 2024

Die minister van korrektiewe dienste, dr. Pieter Groenewald sê sowat 18 000 van die land se gevangenes – oftewel 11% – bestaan uit buitelandse burgers.

In antwoord op ‘n parlementêre vraag van die IVP se Busaphi Machi het Groenewald gesê dat hierdie migrante ‘n reuselas op sy departement se hulpbronne plaas.

Volgens Groenewald sluit dit verhoorafagtende en gevonnisde misdadigers in.

Hy het gemeld dat sy departement in ’n gevorderde stadium van konsultasie met die interdepartementele groepering oor justisie, misdaadvoorkoming en veiligheid is sodat die oortreders hul vonnisse in hul lande van herkoms kan uitdien.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fly Squad

Blitspatrollie se wiele val af

Skool

Ouers smeek vir ’n veilige skool

V (4)

Al meer gemeenskapsbewegings mik stembus toe

IEC

Koalisies is ons voorland

Internasionale Perspektief nuut

Kiesers orals is kwaad

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Keuses wat saak maak: Bou ons of breek ons?
Pretoria FM NEW-LOGO
Pretoria FM wil Afrikaanse media met studiefonds verryk
Ruaan Pienaar
Ruaan Pienaar skuif agter mikrofoon by Pretoria FM in
Fly Squad
Blitspatrollie se wiele val af
Skool
Ouers smeek vir ’n veilige skool

Luister nou