Luister nou

Ruaan Pienaar skuif agter mikrofoon by Pretoria FM in

Deur Redaksie

Ruaan Pienaar, wat onlangs die laatmiddagskof by Bosveld Stereo behartig het, sal eersdaags agter die mikrofoon by Pretoria FM inskuif. Pienaar sal weeksoggende tussen 04:00 en 06:00 op die lug wees en ook as ’n permanente reëling die Saterdagoggendskof by Jacques Botes oorneem.

Botes het in April vanjaar ’n beroerte gehad en alhoewel hy baie goed herstel het, is daar deur al die partye besluit dat hy nie regstreekse uitsendings gaan hervat nie. Hy sal wel vanaf volgende jaar ’n weeklikse program oor geestesgesondheid met die naam Kopdokter op Pretoria FM aanbied.

Susan Botha, programkoördineerder by Pretoria FM, sê Botes was ’n geliefde omroeper in sy Saterdagskof.

“So hartseer as wat dit is om te weet Jacques keer nie weer na daardie skof terug nie, is ons bly dat sy tyd by Pretoria FM nog nie verby is nie, en ons glo dat sy nuwe program hom die geleentheid sal gee om twee van sy passies, naamlik uitsaai en geesteswelstand, steeds uit te leef.”

Botha sê verder dat die stasie uitsien na die bydrae wat Pienaar tot die programaanbod gaan lewer.

“Ons verwelkom Ruaan met groot entoesiasme by hierdie nuwe uitsaaitydgleuwe. Sy persoonlikheid, energie en uitsaai-ondervinding maak van hom ’n uitstekende toevoeging tot Pretoria FM se span. Ons glo hy gaan ’n besondere bydrae lewer en ’n sterk band met ons luisteraars bou.”

Volgens Botha sal Pienaar se 16 jaar ervaring en natuurlike manier van kommunikeer hom help om ’n betekenisvolle deel van luisteraars se oggendroetine te word.

“Die vroeë oggendure en Saterdagoggende bied ’n wonderlike geleentheid om met luisteraars in gesprek te tree, hulle in te lig en te vermaak. Ruaan bring die soort persoonlikheid en uitsaaivermoë wat by ons luisteraars aanklank behoort te vind. Ons is opgewonde oor wat hy na hierdie tydgleuwe gaan bring.”

Botha het ook haar waardering uitgespreek teenoor Martin Jansen, wat tot onlangs die Saterdagoggendskof behartig het.

“Ek wil Martin opreg bedank vir die manier waarop hy gedurende hierdie tydperk ingestaan en die stasie ondersteun het. Ons waardeer sy bydrae en sien uit daarna om hom vanaf Saterdagaande op die lug te hê, waar sy unieke uitsaaistyl luisteraars op ’n besonderse manier gaan vermaak.”

Lees meer berigte in dié uitgawe van Nuusweek –https://www.pretoriafm.co.za/wp-content/uploads/2026/10/NUUSWEEK-Uitgawe-90-30-Okt-2026.pdf

Gewilde Nuus

V (4)

Al meer gemeenskapsbewegings mik stembus toe

IEC

Koalisies is ons voorland

Internasionale Perspektief nuut

Kiesers orals is kwaad

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 30 Oktober 2026

Fotokrediet: Rolling Stone

Sir Patrick Stewart, Star Trek- en X-Men-ster, op 86 oorlede

Ander Nuus Artikels

Fly Squad
Blitspatrollie se wiele val af
Skool
Ouers smeek vir ’n veilige skool
V (4)
Al meer gemeenskapsbewegings mik stembus toe
IEC
Koalisies is ons voorland
Internasionale Perspektief nuut
Kiesers orals is kwaad

Luister nou