Luister nou

Verslag toon die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande

Deur Marelize Maré

’n KPMG-verslag toon dat kuberveiligheid en databeskerming, tesame met voorsieningskettingveerkragtigheid, van die grootste bedreigings vir groei onder Afrikalande se uitvoerende hoofde is.

Die verslag, wat op ’n opname onder ‘n 176 Afrikaanse uitvoerende hoofde gegrond is, toon dat 45% hul belegging in kuberveiligheid en digitale risikobestuur verhoog.

Kunsmatige intelligensie bly ook ’n strategiese prioriteit, maar slegs 14% meen hul ondernemings hou tred met, of loop voor, die jongste ontwikkelings op dié gebied.

Intussen verwag 84% dat hul personeelgetalle oor die volgende drie jaar sal groei, hoewel 56% ook personeelverminderings in sekere afdelings voorsien.

Vaardigheidstekorte en die opleiding van werknemers in KI bly groot uitdagings.

Gewilde Nuus

The Perfect Blendship headshots with piano

The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November

Veterane

Veterane tree nou ook op YouTube aan

Willie 2

Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: The Banking Association South Africa
Tesourie waarsku oor munisipaliteite se wanbetaling
Padlangs
Wanneer regstelling ’n rookskerm word
The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye

Luister nou