Luister nou

Graffiti-boekeblad 11 September 2026

Deur Redaksie

Boekeblad:

Graffiti se topverkopers vir die week.

10 Brandstapel – Marie Lotz

9 Enigma – Rudie van Rensburg

8 Grensloos – Wilna Adriaanse

7 ’n Ierse knoop – Elsa Winckler

6 Twee halwes maak ’n hele – Marita van der Vyver

5 Jagspinnekop – Erla Diedericks

4 Rebekka van Kameeldoornplaas – Irma Joubert

3 Douwenis – Daniël Lötter

2 Blinde kol – Martin Steyn

1 Op lig – Thilda Nel

 

Twee halwes maak ’n hele – Marita van der Vyver. R280, Tafelberg

https://graffitibooks.co.za/products/9780624097112

Lira word na ’n Griekse eiland gestuur om by haar ouer halfsuster, Cass, te gaan bly nadat ’n skandaal haar gesinslewe uitmekaar ruk.

Cass se sorgvrye lewe op Lesbos is in skrille kontras met Lira en Eugenie, hulle ma, se perfek voorafbeplande lewe in Kaapstad. Op die eiland ontmoet Lira ook vir Erik, ’n Nederlandse kelner, by een van die plaaslike restaurante.

Eugenie besluit om vir Lira en Cass op die eiland te kom kuier voordat Lira moet terugkeer Kaapstad toe. Sal hulle hul verhouding kan herbou? Sal Eugenie ooit kan leer ontspan en haar skanse laat sak? En sal vampier-Lira uit haar dop kruip en leer om in die oomblik te leef?

 

Wen die stryd in jou gedagtes, 100 oordenkings – Joyce Meyer. R300, LUX VERBI

https://graffitibooks.co.za/products/9780796324092

Bekende TV-persoonlikheid en topverkoperskrywer Joyce Meyer moedig lesers aan om beheer te neem oor hul negatiewe gedagtes en ’n meer vrugbare lewe te leef met hierdie 100 oordenkings.

Lesers word daagliks gewaarsku teen die slaggate van negatiewe denke en maniere gewys om gesonde gedagtes aan te leer.

Joyce begin elke dag se oordenking met ’n gepaste Bybelteks en sluit dit af met ’n gebed wat die leser sal help om te fokus op elke dag se oorwinning van die stryd in hul gedagtes.

 

Douwenis – Daniël Lötter. R320, Protea

https://graffitibooks.co.za/products/9781485316411

Douwenis is ’n meesleurende historiese roman oor wat gebeur wanneer ’n gemeenskap se geheime nie langer begrawe kan bly nie.

Wanneer die moord op Hesje van der Merwe die Hantamwyk in rep en roer bring, word die Van der Merwe-familie se naam, eer en skuld onder die vergrootglas geplaas.

Maar elke “getuie” vertel ’n ander weergawe van dieselfde waarheid. Met veelvuldige vertellers en tydspronge ontvou die verhaal rondom die aanloop tot en nasleep van die moord.

Uiteindelik bevind die 21-jarige Carel van der Merwe hom op 1 Julie 1838 in ’n sel in Kaapstad, waar hy op ’n uitspraak wag wat oor sy lewe sal beslis.

Terwyl sy regsverteenwoordigers en die publiek die saak as buitengewoon beskou, word die grense tussen skuld, waarheid en geregtigheid al hoe meer vervaag.

Douwenis is ’n verhaal van mag en afhanklikheid, geloof en geweld, liefde en verraad – en van ’n vonnis wat uiteindelik nie net oor een man gaan nie, maar oor ’n hele gemeenskap se gewete.

 

Al hierdie boeke sowel as ander nuwe vrystellings en topverkopers is nou beskikbaar by www.graffitiboeke.co.za teen 20% afslag.

 

 

KOMPETISIE

 

Beantwoord die volgende vraag:

Wie het Twee halwes maak ’n hele geskryf?

 

Whatsapp jou antwoord saam met jou VOLLEDIGE adres na 072 386 5997

Inskrywings sluit Maandag 14/09/2026.

 

Die wenner sal lukraak gekies word en in volgende week se Nuusweek aangekondig word.

 

Die pryswenner se boeke sal deur Graffiti versend word en alle navrae moet direk aan Graffiti gerig word by [email protected]

Verlede week se wenner was Samuel van Dyk van Villieria.

Gewilde Nuus

OLYMPUS DIGITAL CAMERA

’n Aanval op die hart van Amerika

Telkom Towers

Privaatvennote gesoek om Telkom Towers-kompleks op te knap

Gevangenes

173 tronkbewaardes loop deur oor wangedrag ná Rooigrond-ontsnapping

Fotokrediet: Maroela Media

Twee vas na hulle glo groot hoeveelheid dwelms in Erasmia vervaardig

Fotokrediet: Maroela Media

Fondsinsameling vir Tommy Dell wat veg vir sy lewe

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
Trump moet op suksesrekord fokus en nie vreemde afleidings nie
Sonkrag - Colorado Clean Energy Fund
Suid-Afrikaners moet binne drie weke sonkrag registreer
OLYMPUS DIGITAL CAMERA
’n Aanval op die hart van Amerika
Telkom Towers
Privaatvennote gesoek om Telkom Towers-kompleks op te knap
Gevangenes
173 tronkbewaardes loop deur oor wangedrag ná Rooigrond-ontsnapping

Luister nou