Luister nou

Stapper veilig nadat hommeltuig hom geselskap hou

Deur Marelize Maré

’n Stapper is veilig gered nadat hy op ’n ontoeganklike deel van ’n krans op Tafelberg vasgekeer geraak het.

Volgens Wildernis-soek-en-redding is ’n hommeltuig gebruik om met die man te kommunikeer en hom gerus te stel, terwyl reddingspanne na hom onderweg was.

’n Tegniese reddingspan het daarna byna 200 meter teen die krans afgeseil om die stapper te bereik.

Hy was ongedeerd en is met toue terug na veiligheid gelig.

Die organisasie waarsku stappers om hul roetes vooraf te beplan, genoeg water en ’n gelaaide selfoon saam te neem en iemand oor hul planne in te lig.

Mense wat in die berge verdwaal of beseer word, moet bly waar hulle is en so gou moontlik hulp ontbied.

Gewilde Nuus

Petrolpomp brandstof

Regering maan teen brandstof-paniekaankope

Bemarkingsoproepe

Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Fotokrediet: EWN

Polisie ondersoek moontlike sluipmoord op Feroz Khan se familielid

Fotokrediet: VF Plus

RDK beveel drie regters aan

Fotokrediet: Netwerk 24

SANW spandeer miljarde aan huurvlugte

Ander Nuus Artikels

Matrieks
Umalusi gereed vir matriekeindeksamen ondanks tekort aan nasieners
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op die jongste plaasmoord
Fotokrediet: Remitly
SA se finansiële vertroue bly stabiel
Petrolpomp brandstof
Regering maan teen brandstof-paniekaankope
Bemarkingsoproepe
Ongewenste bemarkingsoproepe binnekort iets van die verlede

Luister nou