Luister nou

Solidariteit ondersoek Amazon se beweerde rasse-uitsluiting

Deur Walter Ernst

Die vakbond Solidariteit sê hy gaan ondersoek instel ná berigte dat Amazon ondernemings op grond van hul eienaars se ras van ’n sakeontwikkelingsprogram in Suid-Afrika uitsluit.

Die hoof van Solidariteit se navorsingsinstituut, Connie Mulder, sê Amazon Web Services (AWS) se Ekwiteitsekwivalente-beleggingsprogram (EEIP) dit as ’n uitdruklike toelatingsvereiste stel dat ’n onderneming ten volle in swart besit moet wees.

“Dit beteken dat ’n onderneming reeds van die program uitgesluit word indien ’n wit persoon ’n aandeelhouer daarvan is,” sê Mulder.

Solidariteit meen egter dat daar niks divers of inklusief aan ’n program is waar ’n eienaar se ras bepaal of sy onderneming toegang tot ekonomiese geleenthede kry nie.

“Amazon is ’n Amerikaanse multinasionale maatskappy wat hom wêreldwyd op gelykheid en insluiting beroep. Dit is daarom veral kommerwekkend indien ’n program in Suid-Afrika bedryf word wat ondernemings op grond van hul eienaars se velkleur uitsluit.”

Die vakbond beklemtoon die beginsel dat ras nie ’n toegangskaartjie tot ekonomiese geleenthede mag wees nie.

“Multinasionale maatskappye kan nie een stel waardes oor gelykheid en nie-diskriminasie aan die wêreld verkondig en dan in Suid-Afrika ’n ander maatstaf toepas nie,” sê Mulder.

 

Gewilde Nuus

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Luister nou