Luister nou

Sirië beskuldig Israel dat hy sy lugmagbasis aanval

Deur Marelize Maré

Sirië beskuldig Israel daarvan dat hy ’n lugmagbasis in die noordweste van die land aangeval het.

Siriese staatsmedia berig dat die Aboe al-Doehoer-lugmagbasis vroeg vanoggend deur verskeie lugaanvalle getref is.

Die aanloopbaan en bergingsfasiliteite is glo geteiken.

Volgens Siriese bronne het die aanvalle materiële skade aan die basis se infrastruktuur veroorsaak, maar geen sterftes of beserings is aangemeld nie.

Die basis is sedert 2012 buite werking en word tans deur magte van Sirië se departement van verdediging beskerm.

Israel het nie volgens berigte verantwoordelikheid vir die aanvalle aanvaar nie.

Gewilde Nuus

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Ander Nuus Artikels

Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Luister nou