Die Kaapstad-metro gaan sy eie metropolisie speurtak op die been bring om bendegeweld en misdaad hok te slaan. Die DA-leier en burgemeester van dié metro, Geordin Hill-Lewis, het vandag ’n optog teen geweldsmisdaad op die Kaapse Vlakte gehou, waar nagenoeg 200 speurdeurposte tans onbeman is. “Die 200 speurders is veronderstel