Luister nou

Nielandbousektor bloei werksgeleenthede

Deur Walter Ernst

Suid-Afrika se formele nielandbousektor het ’n beduidende terugslag beleef met die verlies van 80 000 poste gedurende die eerste kwartaal van vanjaar.

Volgens die jongste data van Statistiek Suid-Afrika, SSA, het die land die afgelope jaar altesaam 121 000 werksgeleenthede verloor.

SSA sê dat die werksverliese te wyte is aan afnames in onder meer gemeenskapsdienste, handel, vervoer en elektrisiteit. Indiensneming in die vervaardiging-, sakedienste-, mynbou- en konstruksiesektore het egter toegeneem.

Voltydse indiensneming het die afgelope kwartaal met 24 000 gedaal, terwyl deeltydse poste met 56 000 gekrimp het.

Standardbank se groephoof van Suid-Afrikaanse Makro-ekonomiese navorsing, dr. Elna Moolman, sê dat die opname op ’n spesifieke segment van die ekonomie fokus, naamlik die regering en die formele nielandbousektor en die opname toon ’n afname van meer as een persent in werksgeleenthede.

 

Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou