Die vermeende misdadiger, Vusimusi “Cat” Matlala het skuldig gepleit op bedrog- en korrupsieklagte wat verband hou met ’n omstrede R360 miljoen SAPD-tender. Hy het vanoggend in die Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn, waar ’n pleitooreenkoms ingevolge artikel 105A van die Strafproseswet met die Nasionale Vervolgingsgesag se Teen-korrupsie-eenheid beklink is. Matlala