Luister nou

Port Alfred staan naamsverandering teen

Deur Marelize Maré

Die Port Alfred-belastingbetalers- en inwonersvereniging het die Hooggeregshof in Makhanda genader om die Oos-Kaapse Geografiese Naamsveranderingsraad se openbare deelnameproses onwettig te laat verklaar.

Die vereniging sê inwoners is nie behoorlik ingelig oor die agtergrond en motivering vir voorgestelde naamveranderings nie, en dat die raad nie die vereiste wetlike prosedures gevolg het nie.

Die raad oorweeg onder meer om Port Alfred na iCawa of iCoyi te verander en die Kowie-rivier na iQoyi.

Volgens die aansoek is belangrike dokumente nie vooraf beskikbaar gestel nie, wat sinvolle openbare deelname verhinder het.

Die raad ontken dat daar reeds ’n finale besluit geneem is en sê die proses is nog aan die gang en sal inklusief en deursigtig wees.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Daily Maverick

Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur

plaasaanvalle - Maroela Media

Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Lynnwood padwerke - The Citizen

Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande

Guptas

Gupta-broers steeds gesoek

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Checkatrade
Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel
Siviwe Gwarube - Daily Maverick
Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026
Israelse vlug - France 24
Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug
Fotokrediet: Daily Maverick
Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur
plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Luister nou