Twee senior polisiebeamptes wat deur die Politieke Moorde-Taakspan in hegtenis geneem is, verskyn vandag in die Kempton Park-landdroshof.
Volgens berigte is die beamptes die Gautengse hoof van die Valke, Ebrahim Kadwa, en misdaadintelligensiebeampte Feroz Khan.
Kadwa is Saterdag in hegtenis geneem, terwyl Khan gister by ’n woonstel in Houghton aangekeer is.
Die twee staan tereg op aanklagte van onwettige handel in edelmetale, korrupsie, regsverydeling en die oortreding van wetgewing wat die handel in edelmetale reguleer.
Die polisie se woordvoerder, Athlenda Mathe sê die inhegtenisnemings vorm deel van pogings om kriminele netwerke wat betrokke is by die onwettige handel in edelminerale en korrupsie, in hul spore te stuit.