Luister nou

Kabinet het niks om weg te steek nie

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die kabinet sê Suid-Afrika het niks om weg te steek nie en sal ’n verslag aan die Afrika-unie voorlê oor die onlangse protesoptogte teen ongedokumenteerde buitelanders in die land.

Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê hoewel daar wettige betogings kan wees, is daar volgens die regering geen bewyse van aanvalle wat met vreemdelinge-haat verband hou nie.

Sy reageer op berigte dat Ghana die saak na die Afrika Unie verwys het vir bespreking.

Ntshavheni sê Suid-Afrika se immigrasiewette moet gehandhaaf word en dat wetstoepassing toegelaat moet word om op te tree teen onwettige immigrasie en misdaad.

Sy sê ook die regering is bereid om sy posisie te verdedig indien die AU die saak op die agenda plaas.

Gewilde Nuus

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Ander Nuus Artikels

Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Luister nou