Die regering het bewerings verwerp dat hy nie genoeg doen om onwettige immigrasie die hoof te bied nie.
Dit volg ná onlangse betogings in Johannesburg se middestad.
Betogers van onder meer ActionSA en March and March eis strenger immigrasiebeheer en die deportasie van ongedokumenteerde migrante.
Hulle beweer die regering kyk toe terwyl onwettige werk en swak visumreëls die situasie vererger.
Die woordvoerder van die regering, William Baloyi sê egter dat stappe reeds gedoen word om grensbeheer te verskerp en onwettige immigrasie, onwettige handel en bedrog te bekamp.
Die betogers sê hulle sal hul veldtog landwyd voortsit.