Vyf Suid-Afrikaanse vroue is die naweek by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem vir dwelmhandel.
Die SAPD, saam met die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika, het dwelms ter waarde van meer as 5-miljoen-rand gevind, wat in skoene, onderklere en ander liggaamsdele, versteek was.
Die vroue was na bewering op pad na China via Dubai.
Hulle verskyn na verwagting môre in die Kemptonpark-landdroshof op aanklagte van dwelmhandel.