Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Reguleringsowerheid gaan vandag ’n mediakonferensie hou oor die herroeping van spesifieke bondels Citro-Soda vanweë ’n moontlike besmetting by die Adcock Ingram-fabriek in Clayville, Johannesburg.
Die herroeping geld net vir die betrokke Citro-Soda Regular 60 g, 120 g en 4 g x 30 sakkies.
Die owerheid sal die redes vir die terugroeping, reguleringsbesluite en leiding aan gesondheidswerkers en die publiek verduidelik.
Die mediakonferensie vind by die Ronnie Mamoepa Media-sentrum in Hatfield, Pretoria plaas.