Luister nou

Slegs 30% van leerlinge lees gemaklik in hul moedertaal

Deur Pretoria FM Nuusspan

’n Nuwe verslag deur die 2030-Leespaneel het onthul dat slegs 30% van leerlinge in die grondslagfase op die aanvaarbare vlak in hul moedertaal kan lees.

Volgens die data kan tot ’n kwart van graad 3-leerlinge in sekere taalgroepe nie ’n enkele woord uitspel nie. Die verslag het verder getoon dat 15% van leerlinge nul op hul leesassesserings behaal het.

Die voormalige adjunkpresident van die paneel, Phumzile Mlambo-Ngcuka, sê dié bevindinge beklemtoon waar daar dringende ingryping nodig is, maar ook op suksesverhale dui.

Volgens dié verslag – wat alle huistale getoets het – is die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal die provinsies wat die beste presteer het.

Mlambo-Ngcuka sê dat dié nuwe insigte noodsaaklik is om dringende hulp te verleen waar die onderwysstelsel tekort skiet.

Fotokrediet: iStock

Gewilde Nuus

Innibos 3

Dit is weer kuiertyd op Kaapschehoop by die Innibos Boekenaweek

Boek 3

Graffiti-boekeblad 21 Augustus 2026

Boer tot bord

Die 20/80-mite van Suid-Afrika se boere

Meisies en seuns kuberafknouery

Meisies en seuns ewe betrokke by kuberafknouery

Ernst Roets

3000 kruise moet krisis onignoreerbaar maak

Ander Nuus Artikels

Mponeng-myn
WNNR toets KI-toepassing vir rotsveiligheid in mynbou
Fotokrediet: Times of Eswatini
Madlanga wys aansoek van Vusimuzi “Cat” Matlala van die hand
Fotokrediet: BBC
Wares verskyn vandag in Wynberg
Innibos 3
Dit is weer kuiertyd op Kaapschehoop by die Innibos Boekenaweek
Boek 3
Graffiti-boekeblad 21 Augustus 2026

Luister nou