Die Gauteng-regering gaan ’n infrastruktuur-agentskap stig om al die groot infrastruktuur-projekte in die provinsie onder een dak te sentraliseer.
Die agentskap sal ook kapitaalprojekte van die 11 munisipaliteite in Gauteng insluit.
Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi het gister dié aankondiging tydens sy provinsiale rede gemaak en sê die stap is nodig om water, elektrisiteit en sanitasiedienste vinnig aan beleggers te voorsien.
Hy sê daar is 30 beleggers gereed vir die Gauteng-Limpopo spoedtrein, een van die provinsie se belangrikste infrastruktuurprojekte, wat sal help om die lang verkeersagterstande oor naweke en langnaweke uit die weg te ruim.