Luister nou

Meer as 6 000 moorde in 3 maande

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die minister van polisie, Firoz Cachalia, het pas die jongste misdaadsyfers vir die derde kwartaal van 2025 bekendgemaak.

Cachalia sê dat daar tussen 1 Oktober en 31 Desember 2025 ’n daling in geweldsmisdaad was, met die moordsyfer wat volgens die polisie se data met 8,7% afgeneem het. Daar is egter steeds in die tydperk 6,351 in suid-Afrika vermoor. Kontakmisdade het met 6,7% afgeneem.

Ondanks dié afname bly misdaadvlakke hoog, veral weens bendegeweld in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Gauteng.

Die polisie sê sy visier is nou ingestel om georganiseerde misdaad en gesinsgeweld te bekamp. Cachalia sê dat planne beraam word om onwettige vuurwapens te verwyder en ’n gemeenskapspatrollieprogram op die been te bring.

Soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sal ook binnekort in hoërisiko-gebiede ontplooi word om stabiliteit te herstel. Die minister het toegegee dat hoewel die nasionale tendense afwaarts neig die misdaadvlakke in die land steeds onaanvaarbaar hoog is.

“Hoewel die meeste gemeenskappe ’n afname in gewelds- en eiendomsmisdade aangemeld het, is daar steeds te veel gemeenskappe wat ’n toename aangemeld het. Dit beteken nie noodwendig dat daar ’n gevoel van veiligheid by individue, gesinne en in gemeenskappe is nie,” het Cachalia gesê.

Die moordsyfer het in vyf provinsies in dubbelsyfers afgeneem, insluitend KwaZulu-Natal, Gauteng, Mpumalanga, die Vrystaat en Noordwes. Die afname is egter veel kleiner in die Wes-Kaap en Oos-Kaap en daar’s ’n effense styging in Limpopo en die Noord-Kaap aangemeld. Uit die 30 polisiegebiede in die land met die hoogste moordkoers is verbetering in slegs 15 bespeur.

Minister Cachalia sê moorde wat met bendegeweld in die Oos- en Wes-Kaap verband hou is onthutsend.

Hy het ook sy kommer oor die toename in polisiemoorde uitgespreek.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Checkatrade

Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Israelse vlug - France 24

Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Fotokrediet: Daily Maverick

Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur

plaasaanvalle - Maroela Media

Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: The Citizen
Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe
Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam
Senzo Mchunu - The Witness
Die OB ondersoek Senzo Mchunu
Fotokrediet: Checkatrade
Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel
Siviwe Gwarube - Daily Maverick
Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Luister nou