Luister nou

Madlanga hoor van beweerde misdadiger se polisie-bande

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Madlanga Kommissie van Ondersoek het gehoor dat die beweerde misdadiger, Vusimuzi “Cat’ Matlala probeer het om sy bande met ‘n Gautengse polisieman te gebruik om inligting oor ‘n moordsaak te bekom.

Die getuienis-leier, Matthew Chaskalson, het gister WhatsApp boodskappe tussen Getuie F, ‘n lid van die Gautengse Georganiseerde Misdaad-eenheid en Matlala voorgelees.

In een van die boodskappe het Matlala ‘n saaknommer aan Getuie F gestuur.

Die regsverteenwoordigers van die kommissie beweer intussen dat die Noordwes-sakeman, Suliman Carrim, probeer om die kommissie se vermoë om hom te laat getuig, permanent te kelder.

Carrim se dringende optrede om sy getuienis in die wiele te ry is gister in die Johannesburgse hooggeregshof aangehoor.

Hy vra dat die hof las dat hy nie voor die kommissie hoef te getuig nie, nadat die kommissie hom gedagvaar het om dit te doen.

Indien die hof in die guns van die Madlanga kommissie beslis, sal Carrim Vrydag voor die kommissie moet getuig.

Uitspraak is voorbehou.

Gewilde Nuus

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Luister nou