Walter Ernst
Vrystaat Landbou het sy skok uitgespreek ná twee plaasaanvalle die afgelope naweek.
’n Bejaarde boer is in Bultfontein aangerand en vir byna ’n dag lank in haar motor se kattebak in uiterste hitte toegesluit voordat sy gered is. In die tweede geval is ’n boer van Clocolan herhaaldelik met ’n mes gesteek nadat drie mans sy woning bestorm het.
’n Veiligheidsrisiko-analis van Vrystaat Landbou, dr. Jane Buys sê daar het 27 plaasaanvalle en sewe moorde in die 2025-kalenderjaar op plase in die Vrystaat voorgekom.
Sy versoek boere om dringend by hul plaaslike veiligheidstrukture aan te sluit. Hoewel die polisie vir hulle vinnige optrede bedank word, eis die organisasie dat die owerhede landelike beveiliging as ’n nasionale prioriteit hanteer.
Fotokrediet: Vrystaat Landbou