Marelize Maré
Europese-leiers het teruggekap teen die VSA president Donald Trump se dreigement dat hy tariewe gaan instel vir lande wat teenstand bied oor sy begeerte om Groenland in te neem.
Die Italiaanse regsleier Giorgia Meloni het Washington gewaarsku en sê dit sal ekonomies skadelik wees om Europa te straf.
Sy beklemtoon ook dat probleme met kommunikasie- en begrip tussen Europa en die VSA ontstaan het en dat die Noord-Atlantiese Verdrags Organisasie, NAVO ’n aktiewe rol moet speel.
Die Britse eerste minister Keir Starmer beplan intussen om die saak met Trump te bespreek, terwyl Frankryk se president Emmanuel Macron die Europese Unie gevra het om sy nuwe “anti-afdwinging-meganisme” in te span wat invoere van goedere en dienste beperk.
Trump het aangekondig dat hy vanaf 1 Februarie ’n 10-persent tarief hef op goedere uit Denemarke, Noorweë, Swede, Frankryk, Duitsland, die Verenigde Koninkryk, Nederland en Finland, en dit op 1 Junie na 25-persent verhoog totdat ’n ooreenkoms vir die volledige aankoop van Groenland bereik word.
Europese ministers waarsku egter dat die tariewe trans-atlantiese verhoudings kan ondermyn en selfs gevaarlike gevolge vir Amerikaanse boere en nyweraars kan hê.