Luister nou

SA se deelname aan oefening dui op Vloot-beperkings

Deur Pretoria FM Nuusspan

Marelize Maré

Suid-Afrika se deelname aan ‘n groot internasionale vloot-oefening saam met China, Rusland en Iran vandeesweek, bewys glo die ernstige beperkings van die land se vloot.

Die verdedigings-navorser Helmut Heitman, meen die oefening is nie ‘n hoë-vlak oorlogsdril nie, maar eerder ‘n basiese oefening wat op kommunikasie en eenvoudige bewegings fokus, wat dui op die beperkte bedryfs-bevoegdheid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag.

Hy het gesê daar is slegs een fregat wat ten volle seewaardig is, maar dat dit nie geveg-gereed is nie, omdat dit van verourderde sensors en wapens gebruik maak wat die afgelope twee dekades nog nie verbeter is nie.

Heitman meen verskeie ander skepe benodig ook uitgebreide onderhoud en die afwesigheid van martieme patrollie-vliegtuige in die lugmag verswak die vloot se operasionele rykwydte.

Hy het gewaarsku dat oefeninge saam met Rusland en Iran aansienlike politieke kostes sal hê omdat dit die verhouding met sleutel-vennote in Europa en die VSA kan skade berokken.

Fotokrediet: Brenton Geach

Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou