Ellen Diedericks
Die Parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge was geskok oor ‘n rekening van R4-miljoen wat vroeër vanjaar op ‘n personeelpartytjie vir die Padongelukkefonds, die POF, bestee is.
Die uitgawe aan alkoholiese drankies het sowat R40-duisend beloop.
Nadat parlementslede gevra het waarom die partytjie so uitspattig duur was het amptenare gesê die prys is redelik.
Hulle reël glo nou slegs een geleentheid per jaar waartydens toekennings aan personeel gegee word om koste te bespaar.
Meer as R255-duisend se persoonlike eise van ongelukslagoffers teen die POF is uitstaande terwyl die fonds se aanspreeklikheid verlede jaar op R370-miljard gestaan het.
Die minister van finansies het die POF in sy mediumtermynbegrotingsraamwerk as ‘n aansienlike fiskale risiko beskryf.