Luister nou

President Ramaphosa vat sy teenstanders vas; sê hy sal bedank as hy gevra word

Deur Pretoria FM Nuusspan

Marelize Maré

President Cyril Ramaphosa het die Nasionale Uitvoerende Komitee gevra om vir hom ‘n datum te gee waarop hy moet bedank.

Hy het aan sy politieke teenstanders gesê hulle moet ophou om sy uittrede in donker hoekies te bespreek en sê indien die NUK hom vra om te bedank, sal hy dit doen.

Ramaphosa se kommentaar volg nadat gerugte die rondte begin doen het dat hy beplan om ná die G20-leiersberaad as president te bedank.

’n Brief is glo in omloop onder senior ANC-lede in die Oos-Kaap wat eis dat Ramaphosa verwyder en die NUK ontbind moet word.

Die brief versoek dat die NUK met ‘n nasionale taakspan vervang moet word wat deur oudpresident Thabo Mbeki gelei word.

Ramaphosa het intussen gevra dat daar leefstyloudits op alle NUK-lede uitgevoer word en sê die ANC mag nooit in ‘n mafia-styl bestuur word nie.

One Response

Gewilde Nuus

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Ander Nuus Artikels

Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Luister nou