Luister nou

Lesufi oorleef mosie

Deur Pretoria FM Nuusspan

Esmarie Yssel

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, het die mosie van wantroue wat deur die DA teen hom in die provinsiale wetgewer ingestel is oorleef.

Die DA se leier in die Goudstad, Solly Msimanga, het die mosie ingedien, omdat Lesufi – volgens hom – nie daarin slaag om die provinsie doeltreffend te bestuur nie. Dit sluit werkskepping, veiligheid en ekonomiese geleenthede in.

Die Openbare Beskermer het ook onlangs bevind dat die daarstelling van die misdaadbestrydingseenheid, AmaPhanyaza, onwettig was.

Dit het ook ‘n rol gespeel in die indiening van die mosie asook die Tembisa-hospitaal-korrupsieskandaal.

Uit die 80 wetgewerlede het 24 ten gunste van die mosie gestem, 54 daarteen en een het buite stemming gebly. Die speaker het nie ’n stem uitgebring nie.

Die EFF en die MK-party het van meet af aan geweier om die mosie te ondersteun, maar die DA het gedink dat die party deur die meerderheid partye gesteun sou kon word.

2 Responses

  1. Hoe sê die Engelse, “birds with the same feathers flock together “,die korruptes sorg vir mekaar

Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou