Luister nou

Kernreaktorprogram kry groen lig

Deur Pretoria FM Nuusspan

Marelize Maré

Die regering het die groen lig gegee om die klein modulêre kernreaktorprogram, wat die ontwikkeling van kernkragtegnologie sal toelaat, te laat herleef.

Die projek is egter in 2010 gestaak ná vertraagde tydlyne en kostes wat oorskry is.

Die Suid-Afrikaanse Kernkragkorporasie, NECSA, sal nou samesprekings met internasionale vennote en beleggers kan voer om die projek verder uit te brei.

Dit sal die regering se Geïntegreerde Hulpbronplan, wat op kernkrag en hernubare hulpbronne steun om die meerderheid van die land se energie teen 2039 op te wek, verder versterk.

Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die herlewing van die projek sal aan Suid-Afrika die geleentheid gee om ’n kritiese rol in die ontwikkeling van klein modulêre reaktortegnologie te speel.

Die kabinet het dié besluit, om die leeftyd van Koeberg-eenheid 2 met nóg 20 jaar tot 2045 te verleng, verwelkom en het sy tevredenheid uitgespreek oor die registrasie van 181 nuwe-generasie-aanlegte met ’n beleggingswaarde van meer as R30 miljard.

Gewilde Nuus

Fotokrediet: Marshall Security

Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Boer tot bord

Wat is sukses?

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Vecteezy
Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting
Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy
OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud
Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking