Luister nou

Padongelukkefonds verdedig een van sy hoofde

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Raad van die Padongelukkefonds, die POF, het een van sy forensiese hoofde verdedig, nadat dit aan die lig gekom het dat sy by wangedrag en wanbestuur betrek word.

Dit hou verband met die onreëlmatige besteding van bykans R800 miljoen wat in vier verskillende ondersoeke uitgewys is.

Ondersoeke van die hooggeregshof in Pretoria, die Spesiale Ondersoekeenheid, ’n verslag van die regspraktyk van Mashiana, Moodley en Monama, asook ’n ondersoek van die departement van arbeid het dié grootskaalse onreëlmatighede uitgewys.

Daar word beweer dat die forensiese hoof, Katlego Mocwiri, ’n hofbevel verontagsaam het.

Die SOE het bevind dat sy glo die forensiese kontrak in April 2022 verleng het, ondanks die hofbevel wat dit onwettig en ongeldig verklaar het en sy reeds in November 2020 daarvan in kennis gestel is.

Fluitjieblasers wat die instelling van die onreëlmatighede in kennis gestel het, sê die POF het versuim om teen Mocwiri op te tree, ten spyte daarvan dat die fonds voorstelle van drie van die vier ondersoeke ontvang het.

Volgens die nuusdiens, City Press, het die raad se voorsitter ’n brief aan die POF se waarnemende hoof gestuur om hom te keer om dissiplinêre optrede teen Mocwiri in te stel. Hy is egter verlede week deur die raad geskors.

Die POF-raad hou voet by stuk dat Mocwiri ’n minimale aandeel in die skandaal gehad het.

Fotokrediet: Unsplash/Victor Sanchez

Gewilde Nuus

Fotokrediet: The Citizen

OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen

Boer tot bord

Wat is sukses?

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: VF Plus
Rietvleidam se behandelingsaanleg is buite werking
Fotokrediet: Marshall Security
Suid-Afrikaners verloor miljarde aan digitale bankbedrog
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?

Luister nou