Luister nou

Seun skiet plaaswerker per ongeluk

Deur Pretoria FM Nuusspan

‘n 11-jarige seun het die afgelope naweek per ongeluk ‘n plaaswerker op ‘n plaas in die Thabazimbi-omgewing in Limpopo doodgeskiet.

Volgens die polisie se woordvoerder, kolonel Malesela Ledwaba, het die tragiese ongeluk Saterdag plaasgevind toe die seun vroegoggend tarentale gaan jag het.

Die werker is in sy bors gewond en is op die toneel dood.

Die seun se 43-jarige pa is op ‘n klag van nalatige hantering van ‘n vuurwapen in hegtenis geneem en het vandag saam met sy seun, in die Thabazimbi-landdroshof verskyn. Die landdroshof het borgtog van R3 000 aan die 43-jarige pa toegestaan.

Die polisiekommissaris in Limpopo, Thembi Hadebe, het intussen die belangrikheid van verantwoordelike vuurwapeneienaaskap beklemtoon.

Die saak is tot Desember vir verdere ondersoek uitgestel.

One Response

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

ekonomie - Pretoria FM

Tesourie en Reserwebank se konsepreguleringsraamwerk word gepubliseer

Polisiebeamptes

SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek

Brandstof

Godongwana kondig verligting by die pompe aan

Fotokrediet: Vecteezy

Mini-begroting onder druk: BOSA en AfriForum eis brandstofverligting

Verkiesing - Trek Kruisie - OVK copy

OVK ontvang 700 klagtes oor verkiesingsverwante inhoud

Ander Nuus Artikels

Internasionale Perspektief nuut
Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?
Graffiti-logo-nuut
Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026
Fotokrediet: BusinessTech
eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban
ekonomie - Pretoria FM
Tesourie en Reserwebank se konsepreguleringsraamwerk word gepubliseer
Polisiebeamptes
SAPD: Meer wit, bruin en Indiër-rekrute gesoek

Luister nou