Die veiligheid van jong kinders in Gauteng word bedreig, nadat 13 981 gevalle van mishandeling of verwaarlosing in die afgelope vier jaar in dié provinsie aangemeld is.
Die LUR vir maatskaplike ontwikkeling in Gauteng, Faith Mazibuko, het in antwoord op ‘n vraag van die DA in die Gautengse provinsiale wetgewer hierdie skokonthulling gemaak.
Sy het egter nie aangedui hoeveel van hierdie sake deur die polisie ondersoek is nie.
Die departement van maatskaplike ontwikkeling en kinderbeskermingsdienste ontvang verslae oor die sake wat deur die invul van ‘n Vorm 22-dokument ingedien word.
Die DA eis nou dat die departement van onderwys, maatskaplike ontwikkeling, gesondheid en gemeenskapsveiligheid saamwerk om statutêre verkragting by die polisie aan te meld en te verseker dat die oortreders vervolg word.
Die party sê hy sal opvolgvrae stel om te verseker dat die voorvalle deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens ondersoek word.
Die DA sê die sake sal geprioritiseer word, sodat Gauteng ‘n veiliger plek vir kinders kan wees.
One Response
Hart verskeurend.