Familielede van die 60-jarige selferkende seksoortreder en voormalige huisvader van die Abraham Kriel Kinderhuis, Fanie Pieterse, sê hulle is nie verbaas dat hy verlede maand skuld beken het op aanklagte van die seksuele uitbuiting van ’n minderjarige nie.
Pieterse het erken dat hy aan ’n 15-jarige meisie foto’s gestuur en ’n gastehuis vir ‘n ontmoeting bespreek het. Hy word nou deur ’n minimum vonnis van 15 jaar tronkstraf in die gesig gestaar.
Familielede beweer hy het al tien jaar gelede by ’n jong familielid aangelê en dat sy vrou, Wanda, hom destyds beskerm het. Hulle sê as daar vroeër opgetree is, kon nuwe slagoffers moontlik verhoed word.
Intussen is sy naam ook aanlyn gebruik in advertensies waar vervalste dokumente te koop aangebied is – iets wat hy ontken. Die saak duur voort in die streekhof in Modimolle.