Luister nou

24 van Gauteng se 145 polisiekantore het nié aanhoudingselle nie

Deur Pretoria FM Nuusspan

24 van Gauteng se se 145 polisiekantore het géén aanhoudingselle nie.

Dit volgens die DA se skadu-LUR vir gemeenskapsveiligheid in Gauteng, Crezane Bosch. Sy sê die tekort aan aanhoudingselle maak dit moeiliker om misdaad te bekamp in ‘n provinsie wat reeds daardeur lamgelê word.

Sy sê die DA doen ‘n beroep op die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi om dringend in gesprek te tree met die minister van polisie, Senzo Mchunu en die polisiekommissaris in Gauteng, luitenant-generaal, Tommy Mthombeni.

Bosch meen die tekort is uiters kommerwekkend omdat polisiebeamptes dus gedwing word om ver te reis met verdagtes net om hulle in aanhoudingselle te kry, wat ook hulle lewe in gevaar stel.

Volgens haar ly die polisie se doeltreffendheid onder die feit dat daar so ‘n groot tekort aan polisie-aanhoudingselle is.

Bosch sê wat opvallend is, is dat 24 polisiestasies sonder aanhoudingselle prominent voorkom op die polisie se misdaadstatistiek wat die gevaarlikste polisiestasies in die land insluit. Een so ‘n polisiekantoor sonder aanhoudingselle is die Mohlakeng-polisiekantoor wat 28ste verskyn op die lys van 40 polisiekantore waar ernstige misdade soos moord, verkragting en aanranding aangemeld word.

2 Responses

  1. 30 jaar te laat. Ek het nooit gedink dit kan 30 jaar neem om uit n koma te kom. Daar is altyd hoop nè.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Ernst Roets

Roets aanvaar parlement se uitdaging

Placeholder_400x230

Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Internasionale Perspektief nuut

Wie gaan die middeltermynverkiesing in die VSA wen?

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 23 Oktober 2026

Fotokrediet: BusinessTech

eThekwini beplan nuwe pretpark in Durban

Ander Nuus Artikels

The Perfect Blendship headshots with piano
The Perfect Blendship bring Kersmusiek met gevoel dié November
Veterane
Veterane tree nou ook op YouTube aan
Willie 2
Willie Spies: Alle partye is kleiner partye
Ernst Roets
Roets aanvaar parlement se uitdaging
Placeholder_400x230
Heksejag op Oppenheimer en Ansara

Luister nou