Die Oos-Kaapse polisie ondersoek ‘n saak van moord na ‘n noodlottige skietvoorval gisteraand by die Walter Sisulu Universiteit.
‘n Senior amptenaar is buite die instelling se Nelson Mandela Rylaan-kampus in Mthatha, in die Oos-Kaap, vermoor.
Die polisiewoordvoerder Nobuntu Gantana sê die motief vir die vermoedelike sluipmoord is in hierdie stadium onbekend.
Gantana sê die slagoffer – wie se naam later bekend gemaak sal word – is moontlik in ‘n lokval gelei en verskeie agter die motor se stuurwiel geskiet.
Dié universiteit word die afgelope tyd deur geweldadige onrus en uitgebreide litigasie in die gesig gestaar.