Luister nou

Xander Bylsma vra vir beter omstandighede in die tronk

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die Stella-moordenaar, Xander Bylsma het die hof genader om sy huidige omstandighede in die tronk te probeer verbeter.

Sharnelle Hough en Marna Engelbrecht

Bylsma is oorspronklik in die Rooigrond-gevangenis naby Mahikeng opgesluit, waarna hy na die Barberton-gevangenis in Mpumalanga, oorgeplaas is.

Van daar is hy na die Kutama Sinthumule-gevangenis in Louis Trichardt, Limpopo verskuif.

In sy hofstukke vra hy dat hy weer na die Rooigrond-gevangenis oorgeplaas moet word aangesien hy onder die huidige omstandighede nie die geleenheid kry om te studeer of sy familie te sien nie.

Bylsma is daaraan skuldig bevind dat hy in 2018 die vriendinne – die 17-jarige Marna Engelbrecht, en die 16-jarige Sharnelle Hough, by die Hoërskool Stella vermoor het.

Bylsma was vir ‘n geruime tyd in ‘n verhouding met Hough, maar sy het dit voor die verhouding beëindig. Sy het onder meer aangevoer dat hy beheer oor haar wil hê.

3 Responses

  1. Dit is darem lekker, pleeg moord, hy het sy slagoffers van daai geleenthede ontneem . . . . Persoonlik dink ek hy moes hang vir sy dade.

  2. Hy moes gehang het nou ry hy nog op die rug van die belasting betaler ek wonder as jy al die moordenaars hang of dit nie ons oorvol tronke sal verlig nie en dan nog opstaatskoste te studeet waar gaan hy sy kwalifikasie gebruik wonder maar net

  3. Ek stem saam met Johann. Die galg sal n goeie oplosing vir sy probleem wees.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Daily Maverick

Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur

plaasaanvalle - Maroela Media

Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Lynnwood padwerke - The Citizen

Bouprojek in Lynnwoodweg vra nog drie maande

Guptas

Gupta-broers steeds gesoek

Cyril Ramaphosa, South Africa's president, at the opening of the South African Reserve Bank head office, after renovations, and museum in Pretoria, South Africa, on Friday, June 19, 2026. Traders scaled back bets for a South African rate hike next month. Photographer: Waldo Swiegers/Bloomberg via Getty Images

Ramaphosa: Bewerings oor ‘wit volksmoord’ benadeel ekonomie

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: Checkatrade
Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel
Siviwe Gwarube - Daily Maverick
Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026
Israelse vlug - France 24
Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug
Fotokrediet: Daily Maverick
Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur
plaasaanvalle - Maroela Media
Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Luister nou