Waarskuwing: Die berig bevat inhoud wat sensitiewe lesers kan ontstel.
Die Dierebeskermingsvereniging sê tussen 1 Mei en gister, 5 Mei is meer as 350 000 hoenders van kant gemaak nadat hulle haglike toestand by verskeie plase van die pluimveeprodukte-vervaardiger, Daybreak Foods, ontdek het.
Die DBV sê in ‘n verklaring hy sal nou Daybreak aankla van onder meer verwaarlosing en wreedheid.
Die bestuurder van die NDBV se plaasdiere-beskermingseenheid, Nazareth Appalsamy, sê ondanks verskeie waarskuwings aan die vervaardiger, het Daybreak hulle waarskuwings geignoreer. Meer as ‘n miljoen hoenders is ondervoed en was erg ondergewig.

Die DBV is vir die eerste keer op 30 April van die situasie by van die Daybreak-plase in kennis gestel. Op een betrokke plaas is 200 000 hoenders uitgehonger, wat massa-kannibalisme tot gevolg gehad het. Hy sê die hoenders wat op dié dag gevind is, was 28 dae oud, maar het slegs 700 gram geweeg.
Na dringende ondersoeke is die NDBV toestemming gegee om die hoenders op ‘n menslike wyse van kant te maak. Op 1 Mei het Daybreak Foods die vereniging ingelig dat hulle nie die vermoë het om die voëls te voer nie, en het dus die voëls verlate gelaat sonder enige kos.
Die maatskappy het ook aangevoer dat hy finansieel nie meer kop bo water kan hou nie. Volgens Appalsamy was Daybreak se oorspronklike plan om die hoenders na die slagpale te vervoer, maar van die voëls was te klein vir die slagtoerusting wat die van-kant-making moontlik onmenslik sou maak.
“‘n Nood-reaksiespan is deur die NDBV saamgestel met meer as 100 personeellede en vrywilligers om tussen 30 April en 5 Mei die uitgehongerde hoenders van kant te maak.”
Meer as 500 000 hoenders kon egter gered word en is na ander plase geneem waar hulle vir die eerste keer in dae gevoer is.
Appalsamy sê die DBV sal nie rus tot geregtigheid geskied nie. Hy het dié gebeurtenis as een van die mees emosionele en fisies uitputtende voorvalle in sy loopbaan beskryf.
“Ons was ongelukkig nie daar om die diere se lewens te red nie, maar om lewens te beëindig.”
Hoof-foto ter illustrasie.
One Response
The basteds want everything, but dont have the knowledge or hart for the bussiness. They want money money to fill their pockets. They should be castrated!!