Luister nou

Ashley Oosthuizen se vonnis in Thailand met 20 jaar verminder

Deur Pretoria FM Nuusspan

Die vrou, wat tans 33 jaar gevangenisstraf in ‘n tronk in Thailand uitdien, se vonnis is met 20 jaar verminder.

Ashley Oosthuizen (26) se ma, Lynn Blignaut het die nuus op ‘n ondersteuningsblad vir Ashley bekend gemaak. Ashley is in 2018 Thailand toe en is in Oktober 2020 in hegtenis geneem by die restaurant waar sy gewerk het. Sy het ‘n pakkie vir haar destydse kêrel ontvang, wat toe dwelms bevat het.

Ashley Oosthuizen en haar ma, Lynn.

Sy hou vol dat sy nie geweet het dat dit dwelms bevat nie.

Lynn het in ‘n emosionele video gesê dat die uitspraak beteken dat Ashley nou 13 jaar en vier maande se gevangenisstraf moet uitdien. Sy het dit as ‘n wonderwerk beskryf, en meen dit gebeur nie gereeld in Thailand nie.

Volgens Lynn het haar dogter reeds vier jaar en sewe maande se gevangenisstraf uitgedien, wat beteken dat sy sowat agt jaar en ‘n paar maande oor het.

Lynn verduidelik verder  in die video dat Ashley moontlik in aanmerking kan kom vir die koninklike kwytskelding, wat in Julie aangekondig word.

Dit is die tweede keer dat haar vonnis verminder word. Sy is aanvanklik tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis, maar dit is in 2022 verminder tot 33 jaar.

 

4 Responses

  1. Ek bid dat hulle haar ten volle vrylating kan gee dat hulle terug na SA kan terug keer & als van die nagmerrie vergeet

  2. Mag Elohim Jou Ontmoet En Jy Sy Uitgwerkte Godgegewe Pad Saam Met Hom Sal Stap.
    By Elohim Is Niks Onmoontlik Nie.
    Hy Berei Jou Voor Daar In Die Tronk Vir n GROOT ROEPING In Hierdie Donker Verdraaide Wêreld.
    Bly Biddend, Nerderig Afhanklik Van Hom.
    Seën Groete Uit Wes-Kaap Paarl

  3. Kom ons hoop en bid 🙏 dat Ashley daardie koninklike kwytskelding gaan kry.

    Is daar nie ‘n manier hoe haar destydse kêrel opgespoor en tot verantwoording groep kan word nie.

  4. Hy het reeds skuld erken, maar is in Engeland. Die Thai howe aanvaar nie sy bekentenis nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Fotokrediet: Freedom Front Plus

Die VF-Plus kritiseer die Konstitusionele Hof se besluit

Ander Nuus Artikels

Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie
Internasionale Perspektief nuut
Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Luister nou