Luister nou

Nóg ‘n KZN-strand sluit oor watergehalte

Deur Pretoria FM Nuusspan

Op die vooraand van die langnaweek – en ‘n weeklange skoolvakansie – het die eThekwini-metroraad nóg ‘n strand gesluit weens swak watergehalte.

Die Westbrook-strand sal tot nadere kennis gesluit wees en gereelde watermonsters sal geneem word om die watergehalte dop te hou.

Dit kom nadat die Laguna-strand vroeër gesluit moes word weens swak watergehalte wat ‘n gevaar vir strandgangers kon inhou.

Die Durbanse stadsraad sê dat 21 strande steeds oop is en het besoekers gevra om hulself te vergewis van omstandighede by die betrokke strande wat hulle wil besoek.

Die Instituut vir Water- en Afvalwatertegnologie (IWWT) by die Durbanse Universiteit van Tegnologie het onlangs ‘n studie gedoen om te bepaal watter strande se E.coli-vlakke aanvaarbaar is vir mense om in te swem, en watter strande eerder vermy moet word.

Van die strande waar daar toetse gedoen is, is vier veilig gevind, naamlik die Noord-strand, Umhlanga, Golden Mile en die uShaka-strand.

Ses strande het buitengewone hoë vlakke van E.Coli, en besoekers word gewaarsku om nié by die strande te swem nie. Dit sluit in die Westbrook-strand, Bronze-strand, Virginia-strand, Umgeni Rivier, Blue Lagoon-strand en die Addington-strand.

 

Foto: SafariNow

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Graffiti-logo-nuut

Graffiti-boekeblad 16 Oktober 2026

Fotokrediet: Daily Maverick

Suliman Carrim in hegtenis geneem

Ander Nuus Artikels

Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag
Mark Oppenheimer
Ons moet vry wees om die regering te kritiseer
Cilliers Brink
Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Luister nou