Luister nou

Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus

Deur Pretoria FM Nuusspan

‘n Professor, van Gauteng, is aan dieremishandeling skuldig bevind nadat hy leeus, wat hy aangehou het, laat honger lei het.

Volgens die Dierebeskermingsvereniging (DBV) is professor Thabo Masihlelo gevonnis tot 10 maande gevangenisstraf of ‘n boete van R5 000.

Die DBV se woordvoerder, Jacques Peacock, sê tydens ‘n 2023-besoek aan Masihlelo se plaas, buite Tweeling in die Vrystaat is verskeie honger leeus gevind.

Masihlelo het aan inspekteurs vertel dat hy met dié leeus geteel het as deel van ‘n bewaringsprogram. Volgens Peacock het die professor egter daarin misluk om selfs in die leeus se basiese reg, van kos te voldoen.

Hy sê die leeus was baie maer, en kon hulle ribbes, en heupbeune plek-plek gesien word.

Volgens Peacock is die saak ‘n teken dat mense nie respek het vir wilde diere nie.

2 Responses

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Fotokrediet: Checkatrade

Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel

Siviwe Gwarube - Daily Maverick

Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Israelse vlug - France 24

Israelse passasiers het ‘n noue ontkoming tydens vlug

Fotokrediet: Daily Maverick

Diplomatieke stappe teen Amerikaanse ambassadeur

plaasaanvalle - Maroela Media

Vryemarkstigting: Risiko vir moorde is groter vir boere

Ander Nuus Artikels

Fotokrediet: The Citizen
Tshwane-metro bied spesiale vlugte vir bejaardes by lughawe
Thoughtful Portrait Among Bookshelf Shelves
Nee Kemp, regses is ook onverdraagsaam
Senzo Mchunu - The Witness
Die OB ondersoek Senzo Mchunu
Fotokrediet: Checkatrade
Die Tshwane-metro wil die krag teen vanaand herstel
Siviwe Gwarube - Daily Maverick
Minister word aangewys as een van TIME se 100 Next-leiers vir 2026

Luister nou