‘n Student is vroeër vanoggend in ‘n rusie tydens studente en veiligheidswagte by die Walter Sisulu-universiteit in Mthatha in die Oos-Kaap doodgeskiet.

Drie ander studente is beseer.
Volgens News24 het studente glo hulle misnoeë oor die manier waarop koshuise bestuur word, laat hoor toe die bakleiery ontstaan.
Studente is glo ontevrede met die veiligheidsmaatskappy, wat aangestel is om koshuise te beveilig.
Die studente voer aan hulle is ongemaklik met die manier waarop die veiligheidswagte hulleself gedra.
Alle klasse by die universiteit is vir die dag opgeskort.
Videos op sosiale media wys hoe ‘n motor brand wat glo deur studente aan die brand gesteek is.
One Response
Bly weg by protesaksies. Hou op protes. Bly by die huis en dan mag jy dalk die volgende dag nog lewe.