Luister nou

Vaalrivier: ‘n Vyfde sluis oopgemaak

Deur Pretoria FM Nuusspan

‘n Ontruimingsbevel is uitgereik vir inwoners wat langs die Vaalrivier woon as gevolg van die stygende watervlakke.

Die departement van water en sanitasie het op die sosialemediaplatform, X geskryf dat hy genoodsaak was om ‘n vyfde sluis van die Vaalrivier oop te maak, slegs 24 uur nadat die vierde sluis oopgemaak is.

Die damvlakke het die afgelope naweek gewissel tussen 107,82% en 109,39%.

Volgens die departement kan inwoners en boere wat in laagliggende gebiede in die Vaaldriehoek- en Parys-gebied woon, deur oorstromings geraak word.

Die departement het inwoners gemaan om waardevolle toerusting, beweegbare infrastruktuur en vee te skuif om enige moontlike skade of verliese te voorkom.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui


Gewilde Nuus

Matrieks

’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.

Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0

Groot dele van hoofstad sonder krag

Mark Oppenheimer

Ons moet vry wees om die regering te kritiseer

Cilliers Brink

Brink: Ek was nie verras toe Moya my verraai nie

Internasionale Perspektief nuut

Rubio waarsku dat Weste dalk laaste kans op oorlewing het

Ander Nuus Artikels

Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond
Die voorspaakgroep, Lex Libertas sê die regering se rasgebaseerde beleid vir die huur van staatsplaasgrond versterk die bewering dat minderhede in Suid-Afrika vervolg word.
Die organisasie berei ’n verslag voor en wil met die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling vergader.
Dit volg nadat departementele advertensies vir staatsplase in Mpumalanga en die Wes-Kaap bepaal het dat slegs swart, Indiër- en bruin Suid-Afrikaanse burgers kan aansoek doen.
Lex Libertas se uitvoerende direkteur, dr. Ernst Roets, sê grondbeleid moet ekonomiese groei, voedselsekerheid en landelike werkgeleenthede bevorder, terwyl gelykheid voor die reg gehandhaaf word.
Fotokrediet: Instagram
Lex Libertas reageer op rasgebaseerde beleid
Fotokrediet: The Citizen
OVK gaan kandidaatbenoemingsproses vir 32 partye heropen
Boer tot bord
Wat is sukses?
Matrieks
’n Reusegroep matrieks het dié week in Gauteng hulle eindeksamen begin skryf.
Gemini_Generated_Image_pki0jdpki0jdpki0
Groot dele van hoofstad sonder krag

Luister nou